en hyt gewoon op n plaas duskant senekal
dit was n veë plaas met 'n mooi opstal
en dis moeilik om te glo,
dis die huis waar stilte woon.
en die kamers se ruit Is steeds gebreek
daar waar n kant gordyn sy tong uitsteek
die skerwe nog op die plankvloer le,
in die huis waar stilte woon.
sy was sy vrou, sy vriend, sy lover
en hyt haar lief soos geen ander,
o en sy was die ma wat sy kinders moes dra,
sy was sy vrou, sy vriend, en sy lover
en die reuk van brood hang nie meer daar
dis net sy stoppelbaard wat na die kiekies staar
om te sien of haar glimlag nog die selfde lyk
maar dis asof sy deur hom na die donker kyk
hy se my baby ek trap n bloedspoor tot hier voor ons agterdeur
en voor ons God se altaar-skaaf ek nou, my kniee deur.
sy was sy vrou, sy vriend, sy lover
en hyt haar lief soos geen ander,
o en sy was die ma wat sy kinders moes dra,
sy was sy vrou, sy vriend, en sy lover
en hy het haar gekry op die plaas se stoep
haar arms en haar bene was vol bloed
hyt haar vas gedruk en nog asem in haar lyf gesoek.
en hy strooi haar as in n bloedrivier
(?) spoel tot op strande ver van hier
sodat haar siel kan woon in n sandkasteel
en die kinders heel dag hul ma kan speel.
en laat wilde rose deur sy geraamtes rank
(?) oggend mis
sodat vlinders vlugtig sitplek vind
op die plekke waar hy stukkend is!
o en sy was die ma wat sy kinders moes dra,
sy was sy vrou, sy vriend, en sy lover