Sarah De Jager - Carike Keuzenkamp
Tekst piosenki
Album: Afrikaanse goue stemme: Carike Keuzenkamp (2008)
TEKST PIOSENKI SARAH DE JAGERW WYKONANIU CARIKE KEUZENKAMP
By Myl 61 ja daar draai jy af
en dan vat jy die pad na die see
Hier lê die visplek van Sarah de Jager
aan die Weskus van Namibië
Sarah de Jaer was so sterk soos 'n bees
met haar viskêps en kakiebroek
Om haar te sien visvang is vistermansfees
want die visse baklei vir haar hoek
Sarah, Sarah de Jager
Hierdie visplek van jou
is vol vet kabeljou
en die steenbras en galjoene laat waai
aan die kus noord van Henties baai
Die manne die dop en die brandewyn skop
en die son brand en vreet jou lyf
Die streepsak raak vol maar katrolle bly rol
en die lyne staan almal styf
Hier het ou Sarah die manne geleer
hoe 'n visstok 'n boog moet staan
Met stok in die maag teen die duin retireer
kom die vet visse blinklyf aan
Sarah, Sarah de Jager
Hierdie visplek van jou
is vol vet kabeljou
en die steenbras en galjoene laat waai
aan die kus noord van Henties baai
Sarah, Sarah de Jager
Sarah, Sarah de Jager
Vanaand as die son in die branders gaan slaap
en die koue sak toe oor die kus
Dan sit die manne by die vure en gaap
en hul spog oor die grootste vis
Maar Sarah de Jaer spook die hele nag deur
in die droom van 'n visterman
want hier langs die Weskus is daar niemand meer
wat 'n knewel soos sy kan vang
Sarah, Sarah de Jager
Hierdie visplek van jou
is vol vet kabeljou
en die steenbras en galjoene laat waai
aan die kus noord van Henties baai
Sarah, Sarah de Jager
Hierdie visplek van jou
is vol vet kabeljou
en die steenbras en galjoene laat waai
aan die kus noord van Henties baai
Sarah, Sarah de Jager
Sarah, Sarah de Jager
NAJNOWSZE ALBUMY CARIKE KEUZENKAMP (29)
- Pokaż wszystkie