Dis iets waarin elke meisie droom
om haar ridder te kry op 'n perd met 'n toom
ek was toe nog klein het gedink jy sal sommer net vir my kan val
min het ek geweet dat dit tyd sou vat
voor jy sou kruis met my pad
so, ek het die kans gewaag
toe jy skielik voor my o kom daag
maar al die stukkies vorm iets
wat ek vir altyd by my kan hou
ek kan dit vat en in my hart toe gaan vou.
dis my verhaal
wat ek kan vertel
ek loop terug in die laan
waar ek staan
en jy my kom haal
dat ons 'n pad kan stap
en jy die spore in my hart trap
dit is nie meer net ek
maar ons twee saam
Ek sien hartjies op 'n brief
geskryf, ek weet ons was so verlief die ritte op die bus
waar ek teen jou skouer kan le en rus
maar al die stukkies vorm iets
wat ek vir altyd by my kan hou
ek kan dit vat en in my hart toe gaan vou.
dis my verhaal
wat ek kan vertel
ek loop terug in die laan
waar ek staan
en jy my kom haal
dat ons 'n pad kan stap
en jy die spore in my hart trap
dit is nie meer net ek
maar ons twee saam