Hierdie plek langs my is leeg
en ek moet nou aanbeweeg
maar ek sal jou nooit vergeet nie
jy kan dit weet
al die tye saam met jou
sal ek altyd kan onthou
dit was 'n eer om jou te kon ken en dit neer te pen
al die trane wat ek huil word gevang deur jou terwyl jy al die merke af kom vee jy's hier met elke tree
al kon ek nie verstaan
hoekom jy moes gaan sal ek weet jy rus nou saggies in Sy hand
hy't jou kom haal en ek weet ek sal weer jou glimlag sien en jou weer vas kan hou
ek weet jy't na 'n beter plek gegaan
jy't al die mense aangeraak
en dit die moeite werd gemaak
om saam met jou die pad te kon stap
jy't diep getrap
al die trane wat ek huil word gevang deur jou terwyl jy al die merke af kom vee jy's hier met elke tree
al kon ek nie verstaan
hoekom jy moes gaan sal weet jy rus nou saggies in Sy hand hy't jou kom haal en ek weet ek sal weer jou glimlag sien en jou weer vas kan hou ek weet jy't na 'n beter plek gegaan