het gisteraand weer gewonder of ek vir jou
maar kan bel, ek het jou nommer in my kop en in
my mond afgetel. Daar was 'n spook in my bed,
sy wou my kaal uittrek sy wou my doop en my red
en by my vriende brag en sê:
‘Hy's by my.'
Dit was vieruur die oggend toe ek jou bene sien,
met daai goue lint wat om jou enkel bind.
Jy sê ‘Danie, jy sal my ook maar vir nooit weer
kan sien, jy't te veel geroep en te veel gedink.'
Maak dit by verby, verby met my.
Lenie, ek sweer dat as die oggend kom
sal ek steeds hier staan, soos jou clown
vermom. En jou pa kan skree, jou moed kan
breek, daar's altyd moed wat in my steek.
Hei, my Lenie Blou, hierdie bos brand net vir jou.
Met jou donkerblou sukkel ek om asem te haal
en die klip in die lug lyk vir my te kaal:
ek't jou gesê selfs die engele sal my nooit kan
keer nie,
ek het eenkeer verloor en nooit nooit weer nie.
Jy's vir my die lig in my.