Vanoggend sien ek weer
Die son het klaar sy plan beraam
Ek hoor steeds jou stem, ek onthou nog jou naam
Net die kaggel is nog hier, om te luister na my saak.
Want ek wonder wat dit is, wat jou vir my, so deksels mooi maak.
Versigtig om te sê, dat dit jou oë is.
Ek wonder of dit regtig, net jou mond is.
Te bang om te bely, dat dit jou stem is.
En ek weet tog dat dit alles, maar net buite is.
Hoor jy my stem
Ken jy my naam
Praat tog met my
Ek wil jou verstaan
Hoor jy my stem
Ken jy my naam
Praat tog met my
Want eks ook maar skaam
Die eenvoud van jou naam, hoor ek in elke geluid.
Die mooi staan in jou skoene, ek het klaar besluit.
Dit alles kom nou skielik, so maklik uit.
Dis tog net woorde, maar die pen, was toegesluit.
Ek weet ek's maar stadig, en jy hou die tyd.
Maar wys my jou trane, wat soos druppels lyk.
Onthou nog jou stem, ek ken jou profiel.
Ek't ook in stofpad, en hy's ook verniel.
Hoor jy my stem
Ken jy my naam
Praat tog met my
Ek wil jou verstaan
Hoor jy my stem
Ken jy my naam
Luister na my
Net jy sal verstaan
Ek hou ook tyd, en dit stap ook aan.